Die Verlore Seun Hoofstuk 9– Rooi Mier Dit is glad nie 'n maklike reis nie. Josáfat het vir twee volle dae niks gehad om te eet nie en die water wat hy moes drink was vuil. Nou is hy op reis met geen voedsel en 'n kruikie vuil water. "Here, as dit U wil is, help my om veilig tuis te kom." Hy visualiseer sy eindbestemming. Dit dryf hom voort. Aan die einde van die dag het hy geen idee van hoe ver hy gereis het, hoe ver hy nog moes reis en of hy nog op koers is nie. Soos met die Isrealiete van ouds, kom daar twyfel in sy hart. "Moes ek nie maar by die varkkraal gebly het nie? Was dit nie 'n veiliger opsie nie?" Hy beur egter voort maar die wilskrag is nie meer dieselfde nie. Terwyl hy so loop kom daar 'n gedagte by hom op. "As hy gereeld sy kos en skoon water gekry het by die varkkraal, sou sy trots hom toelaat het om te erken dat hy fouteer het?" Hy kom tot die slotsom dat dit hom dalk langer sou neem maar hy weet lankal dat hy verkeerd en...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.