Die Verlore Seun Hoofstuk 4 – Rooi Mier Josáfat kom by ’n streek uit wat naby ’n stad geleë is. Dit sal vir hom die perfekte eindbestemming wees. Dit is nie ver om stad toe te gaan nie, en hier kan hy sy vee laat wei. Hy merk op dat die vee wat die mense hier aanhou, verskil van dié waar hy vandaan kom. Die mense hier rond hou ook varke aan. As ’n Jood is dit vir hom ’n gruwel. Sy tradisie laat hom nie toe om naby daardie goed te kom nie. Josáfat slaan laer op. Hy gaan net hier bly totdat die eienaar van die grond opdaag. Dan sal hy aanbied om die stuk grond te koop. Hy kan dit bekostig om ’n goeie prys te bied. Intussen kan hy lekker uitrus sodat hy môre ’n bietjie die stad kan gaan verken. Hy het al gesien, soos hy getrek het, dat die mense hier rond nie so eng is nie. Hulle lewe. Dit is die soort lewe wat hy wil voer. Sal dit dan nou so ’n groot sonde wees as hy ’n bietjie dronk word? Hy lag kliphard toe hy aan sy ouboet Markus dink. “Hy gaan sekerlik ’n oorval kry as hy hoor...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.