Die Verlore Seun Hoofstuk 3 – Rooi Mier Die volgende paar dae is daar ’n gewerskaf soos min. Skape word getel volgens geslag en ouderdom. Alles word volgens ’n bepaalde verhouding verdeel sodat Absalom, Markus en Josáfat elk kry wat hulle toekom. Die erfporsie wat die seuns ontvang, is dieselfde as wat hulle sou kry indien hulle sou trou. Dit is die eerste keer dat Josáfat regtig hard werk—nie uit ywer nie, maar om seker te maak dat hy nie dalk ingeloop word nie. Sy kwota slawe werk net so hard om al sy besittings gereed te kry vir die trek. Dié slawe is egter nie gelukkig dat hulle aan hom toegeken is nie. Hulle weet dat hulle geen waardigheid van hom sal ontvang nie, en ook geen regverdigheid nie. Lyfstraf sal mildelik toegedien word. Hulle kan egter nie kla nie. Slawe kla nie—dit kan hulle straf op die hals haal. Dit neem omtrent ’n maand om alles gereed te kry. Markus sorg dat hy in die veld is toe Josáfat vertrek. Leah omhels Josáfat. “My kind, belowe jy sal mooi na jouself...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.