#Stukkendeharte S2 Hfst 30 - Rooi Mier
"Vandag begin my soektog na Max in alle erns. Mag ek jou opspoor voor die polisie.
Jammer Shane, Max is net myne. Ek moet seker maak dat hy nie weer in die tronk beland nie.
As hy in die tronk is beteken dit hy kan weer ontsnap. Max moet uitgeroei word soos 'n mens met 'n rotplaag doen."
Hy klim in sy motor en druk 'n knoppie. Die enjin loop sag en amper onhoorbaar. Terwyl hy sy sitplekgordel aansit trek hy sy asem diep in.
"Hmmm. Die reuk van leer is fantasties. Niks vergelyk met dit nie."
Hy reik voor onder die sitplek in. Daar is 'n ritssluiter wat hy ooptrek. Sy hand ryk binne in die opening wat hy laat maak het. Die harde koue gevoel van sy vuurwapen is vir hom gerustellend. Die opening is altyd oop wanneer hy ry.op die manier sal hy nie sukkel as hy die wapen moet uithaal nie.
"My kind. Jy moet maar vanaand hier oorslaap. Ek sal jou nie in hierdie toestand kan huis toe stuur nie. Gebruik die spaarkamer."
"Ma Iris, ek sal nie hier kan slaap nie. Te veel dinge het vandag gebeur."
"Juis daarom my kind. Jy is te kalm en ek dink dat jy nie vanaad alleen moet wees nie. Dit sal 'n fout wees. Ek persoonlik dink dat daar afstand tussen jou en Jenny moet wees net vir vanaand. Julle het baie om oor te praat maar jy het kans om alles eers vanaand te oordink."
Hulle staan 'n entjie van almal af maar binne hoorafstand van Bennie af. Hy kan nie help om Sahara innig jammer te kry nie.
"Hier staan ek en bejammer myself intussen kry my dogter baie swaar."
Hy begin met homself te redeneer.
"Dit is nie jou dogter nie Bennie."
"Dit is my dogter. Net my dogter. Ek gaan nie toelaat dat Max sy kloue in haar slaan nie."
"Wat as sy wel haar pa wil leer ken?"
"Nee, Sahara sal haar nooit met Max wil assosieer nie."
"Sal sy met tyd van ons af wegdryf?"
"Net die tyd sal leer."
Hy stap na Sahara toe en slaan sy arm om haar.
"Jy is nou nie bloed van my bloed nie maar familie gaan nie oor bloedverwantskap nie maar oor verhouding.
Jy sal altyd my dogter wees."
"Pa, ek is so jammer. Jy sal altyd my pa wees. Ek het lief geword vir jou en Ma Iris.
Vir die eerste keer begin emosie in Sahara se stem deurslaan.
Jenny kom na hulle toe aangestap.
"Asseblief Antie Jenny, nie nou nie."
"Gee haar tyd Jenny. Dalk gaan sy môre gereed wees, dalk eers oor 'n week. Sy is nog seer en het baie om te verwerk."
"Reg so Iris. Ek verstaan. Dan gaan ek nou maar. Ek sal môre vir jou bel om te hoor hoe dit met haar gaan."
"Ek moet ook nou pad vat. Bennie, ek sal weer hier omkom sodat ek en Sahara verdere verlof vir haar kan reël. Sy was nog altyd vir my soos 'n dogter. Nou verneem ek sy is my kleinniggie.
Baie dankie vir 'n lieflike middag. Julle gasvryheid word waardeur."
Shane en Larry staan nog steeds onseker in die hek. Hulle besef dat sodra Max verneem dat Sahara sy dogter is, haar lewe onherroeplik kan verander.
"Antwoord jou foon as ek jou môre bel Larry. Sien jou."
Lawrence sit en wieg heen en weer.
"Al sou ek ook my huwelik met Janice nietig verklaar, kan nie nie my kinders blootstel aan Max nie."
Sy gedagtes gaan terug na sy matriekdae.
"Auw die L(el), jy is alweer haastig vir Maths of is dit vir Sahara Muller, die beauty met breins. Daai kind is te mooi vir ‘n Wiskunde onnie. Daai grysgroen oë van haar is soos magnete. Julle twee het nogal dieselfde kleur oë."
"Bra, hou jy net jou hande tuis en jou oë in jou boeke. Ek sal die loerwerk doen. Watch my, ek gaan daai blom nog vra om met my te trou."
"Ja Anton le Fleur my vriend. Dit lyk my die droom sal nooit waar word nie."
Jenny stap na haar motor toe. Sy weet nie of sy die regte ding gedoen het nie.
"Ek moet liewer vra of my tydsberekening reg was. My arme kind het nou net gehoor dat die liefde van haar lewe getroud is toe kom ek nog met my storie ook."
Sy kyk op na die motor skuins agter haar terwyl sy die motordeur oop maak. Sy klim in en klim skielik weer uit.
Die man in die motor staar haar aan.
"Dit is mos, of is dit nie? Hy is wel vermom maar ek is seker dat dit Max is."
Sy roep hardop, "Max!"
Shane steek vas waar hy oppad is na sy motor.
"Het ek reg gehoor?"
Hy draai om en kyk na Jenny, dan kyk hy die rigting waarheen sy kyk.
Larry het ook vasgesteek. Ook hy kyk verwonderd na Max. Hy voel lam en kan nie reageer nie.
Die motor waarin Max is trek met skreeuende bande weg.
#RooiMier
©Rooi Mier 17.01.2023
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking