Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2026

Al Wiekker, Al Wakker

Al Wiekker, Al Wakker – Rooi Mier (Nie ’n storie nie, nog minder ’n gedig; net gedagtes wat neergepen moes word.) Onthou jy nog die aande – die aande van samesyn, die aande van ’n mamma en pappa, en ook die aande van ’n boetie en sussie; die vol magies boontjiesop, toe botter weggesmelt het in warm, tuisgebakte brood. Die aande van ’n kole-stoof se hitte, die tyd toe sussie nog op pappa se skoot gesit het, en boetie plat op die vloer, met sy kop op mamma se skoot. Die aande van kopkrap oor hier kiep-kiep, die vraagtekens oor daar kiep-kiep, dan: woerts! in die hoekie, toe “al wiekker, al wakker” nog ’n raaisel was; die tyd toe nagtelike kloppe nie vrees ingeboesem het nie. Daar kom toe die eenoogmonster – hy breek familietyd op, almal vasgevang in ’n fiktiewe wĆŖreld van geweld en sedeloosheid. Boetie en sussie loer deur hul vingers na dit wat mamma sĆŖ hulle mag nie kyk nie. Pappa vergeet die huisgodsdiens. Hoekom is die sepies nou in mamma se gebedstyd? Al wiekker, al wakke...

Agter daai deur

Agter daai deur Onbekend ’n Man is op reis wanneer sy motor naby ’n monnikeklooster onklaar raak. Hy stap na die klooster, klop aan die deur en sĆŖ: “Verskoon my, my motor het gebreek. Sal dit moontlik wees om die nag hier oor te bly?” Die monnike nooi hom vriendelik in, gee vir hom kos en maak selfs sy motor reg. Later, toe hy gaan slaap, hoor hy ’n vreemde, geheimsinnige geluid. Die volgende oggend vra hy die monnike wat die geluid was, maar hulle antwoord: “Ons kan dit nie vir jou sĆŖ nie. Jy is nie ’n monnik nie.” Die man is teleurgesteld, maar bedank hulle tog en sit sy reis voort. ’n Paar jaar later ry hy weer daar verby en besluit om weer oor te bly, aangesien hy nou al vriende daar gemaak het. Die monnike nooi hom weer in, gee vir hom kos en slaapplek. Daardie nag hoor hy dieselfde vreemde geluid wat hy die vorige keer gehoor het. Die volgende oggend vra hy weer wat dit is, maar die monnike antwoord: “Ons kan dit nie vir jou sĆŖ nie. Jy is nie ’n monnik nie.” Die man s...

Sommer Net Woorde

 Sommer Net Woorde – RooiMier Skielik, onverwags, slaan jy toe, soos ’n dief in die nag is jy hier. Kom steel ons glimlag, beroof ons van blydskap; ’n traantjie raak ’n rivier wat vloei soos die Oranje in vloed. Jy steur jou nie aan die agtergeblewenes, die vermisting wat jy veroorsaak, solank jy nog ’n kis vul en onder begeleiding stuur na ’n ses-voet-ses. Die trane vloei opnuut, die pastoor sĆŖ: “Stof tot stof.” ’n Blom, ’n krans, ’n kruis met ’n naam, datums met ’n begin, maar ongelukkig ook ’n einde. ’n Laaste seĆ«ngebed. “Kom drink ’n koffie by die huis.” “Haai Jannie, jou lanklaas gesien.” “Kom ons bly in kontak, hier is my nommer.” Die laaste sien van die blikkantien. Dis eensaam in die huis; daar heers ’n stilte. Die krieke sing hul aanhoudende, een-noot-gesang. Waar niemand sien nie, vloei daar nog ’n traan, en nog een oor ’n aand of twee. O Heer, ons is maar net mens. Ons weet U droog die trane op, die seer bly egter langer talm. Ons lewe — ons leef maar met ver...

Nat Broek

Nat Broek  Rooi Mier Pssssssht! Die deure van die waens van die trein gaan oop toe die trein op Faure-stasie tot stilstand kom. Verskeie mense staan op en beweeg na die deure. Soos hulle uitklim, is ander reeds besig om in te klim. Dit is Woensdagoggend om 07:15. Die trein is oppad van Strand-stasie na Kaapstad-stasie. Dit is ‘n langerige rit wat oor verskeie stasies strek en omtrent 1 uur en 40 minute kan duur. Soos gewoonlik is die trein redelik vol, maar daar is nog genoeg sitplek tot by Eersterivier-stasie, waarna dit baie vol gaan word, met meer mense wat gaan inklim as uit. ‘n Vrou merk dat die man wat oorkant haar gesit het, sy sak op die bagasierak vergeet het toe hy uitklim op Faure. “Ek sal dit maar by die Metropersoneel op Eersterivier-stasie inhandig as hy uitklim. Die trein is alreeds weer oppad, en die deure sluit. Almal wat verder as Eersterivier reis, maak seker dat hulle sitplekke het, want daarna gaan sommige sekerlik moet staan.” “Goeie mĆ“re alma...

Die Broers van Eersterivier

Die Broers van Eersterivier deur AI In die hart van die bende-gesteisterde gebied in Eersterivier, waar die strate 'n sinistere taal praat en die mure fluister van geheime, woon twee bruin broers: Diego en Dmitri. Hulle is soos die yin en yang, altyd in 'n dans van konflik en liefde. Diego, die oudste, het 'n vuur in hom wat nie maklik blus nie. Sy oƫ is donker, sy hande vinnig. Hy dra sy littekens soos trofeƫ, en sy siel is 'n slagveld van verlore stryd. Hy is 'n straatvegter, 'n beskermer, en sy hart is so taai soos die beton van die geboue waarin hy grootgeword het. Dmitri, die jongste, is 'n stil water wat diep loop. Sy oƫ is sag, sy glimlag 'n geheime kode. Hy dra sy drome soos 'n skatkis, en dit is 'n skatkis wat hy nooit aan ander wys nie. Hy is 'n denker, 'n waarnemer, en sy siel is so sag soos die wind wat deur die straatjies waai. Hulle baklei oor alles: oor wie die beste graffiti kan spuit, wie die meeste respek in ...

Glimlag Kliphard!!

Glimlag kliphard. Die is maar net n Jan grap: Mens vind deesdae so baie probleme by 'n polisiestasie omdat mense nie mekaar se tale verstaan nie en dus nie Lekker kan kommunikeer nie. So gaan twee ouens op 'n dag na die polisiestasie om 'n diefstal te rapporteer. So verloop die gesprek Polisie : Wat is jou naam ? Klaer : My naam is Jan Polisie : Hoe spel mens Jan ? Klaer aan sy maat : Kom ons los maar die saak en loop liewer. As hy nie eers Jan kan spel nie, hoe de duiwel gaan hy die saak oplos ? DOM JAN & SLIM JAN: Eendag gaan Dom Jan en Slim Jan om die boer se mielies uit sy stoor uit te steel maar hulle loop teen 'n drom vas. Die boer kom uit en vra WIE IS DAAR ?  Slim Jan se: Meaow ! Die volgende week gaan hulle weer om mielies te steel en loop weer in die drom vas. Die boer kom weer uit en vra WIE IS DAAR ? Dom Jan se: Meaow dis die kat van laas wiek....

10 Feite wat jou sal laat glimlag

10 Feite wat jou sal laat glimlag 1.  Jy kan nie jou oĆ« met seep was nie. 2.  Jy kan nie al jou hare tel nie. 3.  Jy kan nie deur jou neus asemhaal met jou tong uitgesteek nie. 4.  Jy het so pas nommer 3 probeer. 6.  Jy het uitgevind dit is moontlik – maar jy lyk soos ’n moeg hond. 7.  Jy glimlag nou, want ek het jou uitgevang. 8.  Jy het nommer 5 oorgeslaan. 9.  Het jy nou gaan kyk of daar werklik ’n nommer 5 is? 10. Jy lag nou lekker, want jy is wƩƩr uitgevang!

Dronkaard

Dronkaard - Onbekend Die omie kom gebukkend, skuifelend die pad afgestap, sy verkreukelde hoed styf in sy hand vasgeklem. Die plooie trek donker dongas oor sy gesig, en sy oĆ« is dof en blou. Sy klere hang soos ʼn meelsak om hom, sy skoene het al beter dae gesien. Sy hare wapper in drie slierte om sy voorkop, sonverbrand. "Boetie! Boetie!" roep hy na my. Ek gee hom een kyk en kyk dan anderpad. Net nog 'n boemelaar, net nog 'n bedelaar. "Boetie! Boetie!" roep hy weer. Ek draai my rug op hom en sluit die motordeur oop. "Boetie, boetie! Wag, ek wil met jou praat." Sy stem is skor. "Seker van al die drank," dink ek, klim in die motor en sluit die deur Hy struikel van die sypaadjie af, kom krom, oud en verwaarloos na my aangestap. Ek skakel die motor aan, kry trurat en verlaat hom, eensaam en alleen. "Kry vir jou werk. Maak soos ek maak, dit bring geld, dan kan jy suip tot jy omval," gaan deur my gedagtes. Ek kry eerste rat, wikkel die...

My bruid - Rooi Mier

My bruid - Rooi Mier Pragtig, 'n woord wat nie My bruid vereer As sy statig en gelukkig in haar eerste liefde nader Gekleed in wit gewaad en vlekkeloos gewas Sy nader tot My en Ek nader tot haar Op hierdie oomblik is haar verlede vergete Die skarlaken kleed gewas in bloed Wat dit witter maak as wol Ja witter as die witste sneeu En nou? Waar is My bruid? Sy't weggedwaal, haar liefde verflou tot 'n gewoonte Hallelujah Haar Amen beaam haar eie kragtelose poging Eens was sy warm maar nou is sy lou Haar kleed is gevlek soos sy dit probeer was In haar regverdiging van wĆŖreldse standaarde Onwetend en wetend hoereer sy om polities korrek te wees My bruid! My bruid! Geskei deur haar eie ontrouheid en veelwywery Sy, eens wit gekleed maar nou skarlaken op die rug van haar nuwe man Probeer sy om My te verlei; Ek wat eens gesĆŖ het daar staan geskrywe Vrou, daar is 'n jaloesie in my wat My nie toelaat om te deel U sal moet kies, u sal moet want daar is twee pa...

My Stompies Gaan Lank Wees

 My Stompies Gaan Lank Wees ’n Ware verhaal vertel deur ’n pastoor Elkeen het nou ’n plek — party sit voor, ander agter, en twee het selfs ’n plekkie op die vloer gekry. Uiteindelik is almal op die bus sodat ek die register kan nagaan. “Daar kom Wynand, hy’s alweer laat!” roep iemand, maar ek sien daar is nog tien minute voor vertrektyd. “Nou het julle vyf minute om toilet toe te gaan — almal moet gaan!” Vir die kinders is dit groot pret, maar om ’n toilet tussen niks en nĆŖrens in die Noord-Kaap te kry, is geen grap nie. Toe slaan die uur: nege-uur — vertrektyd! Almal vat hande en ons vra die Liewe Vader se beskerming en seĆ«n. Net ’n minuut word toegelaat om te groet. ’n Minuut is egter lank vir kinders — ouers staan verstom: geen trane nie, geen hartseer nie, net opgewondenheid om weg te kom. En toe is ons op pad… Sommige ouers ry selfs tot dertig kilometer saam, buite Kimberley! Dit is net na twee-uur die oggend en Klaasvakie het die toergroep na die Burgerstrandhuis ...

Onder die Brug Hoofstuk 11, Die Slot, Hervonden Vriendskap, Vergifnis en ’n Nuwe Begin

Onder die Brug Hoofstuk 11-Die Slot, Hervonden Vriendskap, Vergifnis en ’n Nuwe Begin deur RooiMier   Die volgende oggend staan John op en kniel bo-op die plastiek wat hy bo-oor sy komberse gooi as hy slaap. Sy oĆ« val op Martin se slaapplek. Die beddegoed is nog opgevou en toegemaak met plastiek soos hy dit die vorige dag gelos. John staan op, hy kan nie bid nie, nie vandag nie. Hy sien nie uit na die dag nie.  In die sopkombuislyn is daar nie ‘n Martin nie. Hy dwaal in Foreshore rond. Op die plek waar Martin gestamp was staan hy ‘n rukkie stil. Miskien wag Martin vir hom by hul slaapplek. Hy haas terug maar daar is net die paartjie wat twee pilare verder ‘woon' wat daar naby sit en eet. Hulle groet hom vriendelik maar hy hoor hulle nie. John besluit om ver te stap. Hy stap na die anderkant van die stad toe, die tuine. Toe dit skemer begin raak stap hy stadig terug. Hy wil hoop maar ook nie. Martin is nog nie terug nie. Twee maande later stap hy in die rig...

Onder die Brug Hoofstuk 10, ’n Onverwagte Ontmoeting, ’n Ongeluk en ’n Verlore Verlede

Onder die Brug Hoofstuk 10, ’n Onverwagte Ontmoeting, ’n Ongeluk en ’n Verlore Verlede deur RooiMier  John klim by Kaapstad-stasie uit die taxi. "Here, U sal moet onderneem. Ek is al langer as ’n jaar in die Kaap, maar ek ken nog nie eers regtig Kaapstad nie. Kapenaars… hulle is soos vreemdelinge. Ek sal hulle seker nooit verstaan nie." Hy stap doelloos oor die dek. By die trappe agter af, voel iets skielik bekend. Dis waar hy destyds afgeklim het, die eerste keer toe hy hier aangekom het. Mense spoed verby in alle rigtings — elkeen in sy eie wĆŖreld. Aktetasse, sportsakke, werkers, bedelaars. Niemand groet nie. Niemand kyk op nie. Party loop soos zombies, oĆ« vasgepen aan hul selfone. Twee stamp in mekaar vas. Niemand sĆŖ jammer nie. ‘n Prediker probeer sy boodskap bring, maar die mense ignoreer hom. Net een man lyk of hy luister. John nader hom en hoor die laaste woorde: “In die laaste dae sal mense liefdeloos wees. Hulle sal hulself meer liefhĆŖ as vir God… Lees di...

Onder die Brug Hoofstuk 9, Wanneer die Waarheid Skeur

Onder die Brug Hoofstuk 9, Wanneer die Waarheid Skeur deur RooiMier   Elton sit doodstil. Nie ’n woord kom uit nie. Twee dinge moet hy verwerk: die verligting dat sy pa nie ’n verkragter was nie, en die verraad — dat sy vrou al jare lank met een van sy vriende geslaap het. John besluit om hom ook in te lig oor Drew se dreigement. Maar voordat hy iets kan sĆŖ, hoor hulle ‘n geluid by die deur. Jolene staan daar — bleek, geskok. Sy sĆŖ niks. Sy draai net om en verdwyn gang-af. Elton staan op en stap kamer toe. John laat hom gaan. Hy kyk by die deur uit, maar Jolene is nĆŖrens te sien nie. Hy sluit die deur. As sy nie ‘n sleutel het nie, sal sy sekerlik klop. Hy gaan sit. Was dit die regte ding om te doen? Hy kyk na bo. "Here, U moet maar onderneem." Hy begin bid — ‘n lang, eerlike gebed. Tydens sy gebed hoor hy snikke. Later ‘n sagte stem: “Dankie vir U genade, Here. Here, ek is stukkend… en tog ook verlig. Dankie vir die waarheid. Gee my krag om te vergewe.” Dan raak ...

Onder die Brug Hoofstuk 8, Die Skaduwee van Verraad

Onder die Brug Hoofstuk 8, Die Skaduwee van Verraad deur Rooi Mier Na maande se getroue diensbywoning het John besluit om sy lewe heeltemal te verander. Hy dien nou die Here met oorgawe. Intussen het hy ’n goeie verhouding met Elton sowel as met die pastoor opgebou. Weens sy ouderdom kry hy slegs tydelike werk, wat hom genoeg tyd gee om saam met die pastoor deur te bring. Dit het daartoe gelei dat sy verhouding met God standvastig en diep gewortel geraak het. Hy was juis op pad na die pastoor se huis toe. By sy aankoms hoor hy stemme van agter die huis af. Nadat hy geklop het en niemand oopgemaak het nie, besluit hy om om te stap na waar hy die stemme hoor. Terwyl hy langs die huis afstap, hoor hy Jolene se naam en gaan staan stil om te luister. “Jy sĆŖ daai ding, boeta Drew — jy het Jolene verkrag. Ek dink tog jy en Elton was soos broers.” “Dis so, ja, maar ek het haar nog al die tyd begeer. Wat hy nie weet nie, is dat sy die hele tyd ook met ’n ander vriend ges...

Onder die Brug Hoofstuk 7, Waarheen Nou?

Onder die Brug Hoofstuk 7, Waarheen Nou? deur RooiMier  Die volgende oggend, nĆ” die dokter se roetine-ondersoek, haal Martin stilletjies sy klere uit die bedkasie. Terwyl die personeel besig is met oordrag tussen die nag- en dagskof, glip hy ongemerk uit. Niemand sien hom nie. In een van die openbare kleedkamers trek hy die klere aan wat, volgens die susters, ‘n familielid met haar eerste Ć©n laaste besoek gebring het. Hy los die hospitaalklere net daar agter en stap by die hospitaal uit. Buite begin hy eenvoudig in ’n rigting stap. Alles voel vreemd, maar daar is iets vaags bekend aan die strate en geboue. Hy kom later op ‘n straat af — die naam op die bord lees Voortrekkerweg. Terwyl hy stap, merk hy 'n lang begraafplaas aan sy regterkant op. Die lang ry grafstene en ou bome trek sy aandag. Hy begin honger raak en onthou toe van die beursie wat in sy besittings was — die een wat bloedbevlek was. Hy het dit gisteraand in sy broeksak gesit. Daar was geld in. Aan die oork...

Onder die Brug Hoofstuk 6, Wanneer Herinneringe Stilraak

Onder die Brug Hoofstuk 6, Wanneer Herinneringe Stilraak deur RooiMier   Vaagweg hoor Martin stemme. Hulle kom al hoe nader. Alles voel soos ‘n droom. ’n Vrouestem sĆŖ: “Vandag sal ons hom moet wakker maak. Die medikasie wat hom onder verdowing gehou het, behoort al uit sy sisteem te wees.” ’n Man antwoord: “Hy was vir drie maande onder sedasie. Sy kopbesering het goed herstel. Nou hoop ons maar sy brein funksioneer normaal.” Die vrou praat weer: “Sodra hy sy bewussyn herwin het en ons vasgestel het of hy weet wat gebeur het, moet ons die kapelaan kry om hom te vertel dat sy gesin dood is. Ek weet egter nie wat ’n kapelaan vir hom kan doen nie. Ek glo nie in mites nie — wetenskap is al wat bestaan.” “Ja, Helen,” antwoord die man, “ons is nie almal ateĆÆste nie. Daar is genoegsame bewyse dat daar iets — of Iemand — groter is as net die wetenskap.” “Nie ‘iets’ of ‘iemand’ nie, Dokter. Daar is ‘n Skepper-God. Sonder Hom het niks ontstaan nie,” kom ’n tweede vrouestem in. “Ha...

Onder die Brug Hoofstuk 5, Die Dag Toe Alles Stil Geword Het

Onder die Brug Hoofstuk 5, Die Dag Toe Alles Stil Geword Het deur RooiMier   Martin Adriaanse groet sy vrou, klim in sy Mercedes, sit die radio aan en ry werk toe. Sy vriend het die vorige aand die motor huis toe bestuur, daarom is hy nie verbaas toe hy hoor dis ingestel op 'n Christelike radiostasie nie. Hy en 'n vennoot het Johannesburg toe gevlieg en met die vennoot se motor lughawe toe gery. Gisteraand het diĆ© hom huis toe gebring. Die lied wat speel het Martin al dikwels gehoor. Sonder om regtig aan dit te dink, neurie hy saam: “I know the Lord will make a way, for me.” Hy is gelukkig. Sy bankbalans is gesond. Hy het 'n liefdevolle gesin. Wat meer kan 'n man vra? Sy persoonlike assistent is gewoonlik voor hom by die kantoor, maar vandag stap sy saam met hom in. Sy bied aan om koffie te maak voordat hulle die dag bespreek. Martin vra dat sy sy namiddagafsprake moet kanselleer — hy wil tyd saam met sy gesin deurbring. Die kinders sal dit waardeer; hy het ...

Onder die Brug Hoofstuk 4, Wanneer die Waarheid Breek

Onder die Brug Hoofstuk 4, Wanneer die Waarheid Breek deur RooiMier   Die dag het ‘n week geword. Die week het ‘n maand geword. Elton is intussen terug by die werk. Hy vertrek elke oggend om agtuur en kom teen omtrent 17:40 weer tuis. John het intussen uitgevind dat Elton nie kinders kan verwek nie, as gevolg van ‘n ongeluk toe hy nog ‘n kind was. Jolene het nog nie teruggekom nie, maar Elton glo steeds dat God haar sal terugbring. John probeer steeds meer uitvind oor die verkragting, maar elke keer slaan Elton toe soos ‘n boek. Hy het wel laat blyk dat hy nog nie gereed is om daaroor te praat nie. Daardie aand sit hulle saam voor die TV toe iemand aan die deur klop. “Dis Jolene,” sĆŖ Elton kalm. “Vandag het ek net geweet sy gaan huis toe kom, nadat ek by die werk gebid het.” Hy maak die deur oop. “Hallo my liefde,” groet hy. Sy stap sonder ‘n woord verby hom en reguit kamer toe. John staan op. “Ek gaan maar kamer toe sodat julle kan praat.” Die volgende oggend slaap hy ...

Onder die Brug Hoofstuk 3, Tussen Skuld en Genade

  ONDER DIE BRUG Hoofstuk 3, Tussen Skuld en Genade deur Rooimier “Jolene, hoekom het jy nie my oom laat inkom nie?” “Vir wat? Ek ken nie die man nie, en vir al wat ek weet is hy ook ’n verkragter soos jou vark van ’n pa.” Sy draai van John af. “Jou broer was ’n verkragter, maar die blĆŖrrie man wil mos niks weet nie. Hy en sy God vergewe mos verkragters.” “Ek is jammer, Oom John. Sit asseblief. Waar is my maniere? My naam is Elton. Ek het nou net hier aangekom. Was saam met my pastoor – een van ons gemeentelede het afgesterf. Gelukkig is ek met vakansie en kon saamgaan.” Elton klink na iemand wat verskriklik baie kan praat – as jy hom nie in die rede val nie, kry jy nie ’n spreekbeurt nie. Nes sy pa, dink John. “Ek is verskriklik dors. Kan ek water kry, asseblief?” “Jammer, my oom. Jy is seker honger ook. Jolene, skep vir ons, asseblief, my vrou.” Hy stap na haar toe en gee haar ’n soen op die wang. “Oom gaan mos hier slaap. Ek kry solank vir jou ’n slaapplek reg. Die b...

šŸ’Œ Brose liefde in #Stukkendeharte

šŸ’Œ Brose liefde in #Stukkendeharte   🌹 Romantiese uittreksel (aptytwekker) > “Larisa, jy is my eerste liefde. Larisa, jy is my laaste liefde. Ja, ek is nog jonk en die lewe lĆŖ voor my, maar ek ken hierdie hart van my. Elke klop spel ’n letter van jou naam uit. My asemteue fluister jou naam, Larisa.”   Die dag van liefde is om die draai, en min dinge vang die essensie van jong romanse so raak soos Larisa en Anton se verhaal. In #Stukkendeharte ontdek ons die brose liefde wat tussen hulle ontvlam het – ’n liefde wat beloof het om ’n oneindige verhaal te skryf.   Hierdie uittreksel herinner ons dat ware liefde dikwels sag en kwesbaar is, maar tog sterk genoeg om elke asem en elke hartklop te vul. Dit is die soort liefde wat lesers laat droom, laat hoop en laat onthou dat elke fluistering van ’n naam kosbaar is.   Hou aan volg #Stukkendeharte – die reis van liefde, verlies en menslike verbondenheid wag om jou hart te raak.  

Onder die Brug Hoofstuk 2, Die wagte van Ravensmead

Onder die Brug Hoofstuk 2 – Die wagte van Ravensmead deur Rooi Mier Verwese, moeg en duidelik verhongerd stap hy met sy sak deur die voorhek. Sy klere is skoon, maar verkreukeld. Ag, hopelik is ek nou by die regte mense, dink hy. Hy klop aan die voordeur, maar niemand antwoord nie. NĆ” twee minute loop hy mismoedig na die hek toe. By die hek kyk hy terug en sien ’n gordyn beweeg – of het hy hom verbeel? Net daar en dan besluit hy om weer te gaan klop. Niemand antwoord nie. “Hallo, dit is John Daries hier. Bly die Daries-familie hier?” skree hy. Geen antwoord nie. Hy hou aan klop vir nog ’n minuut. John besluit dat hy nĆŖrens gaan nie – want hy hĆ©t nĆŖrens om te gaan nie. Hy is honger en dors, maar moes leer dat Kapenaars niemand vertrou nie en ook nie maklik gee nie. Dit is sy tweede dag dat hy in Ravensmead ronddwaal op soek na sy broer Paulus. Hy het sy laaste geld op ’n halwe brood en ’n koejawelsap uitgegee gisteraand en toe op Tygerbergstasie gaan sit en slaap. Hy begin t...

Onder die Brug Hoofstuk 1, Waar hoop en honger mekaar ontmoet.

ONDER DIE BRUG Hoofstuk 1, Waar hoop en honger mekaar ontmoet  deur Rooimier Stadig, honger en moeg staan hy op uit sy bed onder die halwe brug in die stad. Hy gryp ’n bottel water wat langs hom staan. Die water is bruinerig in die plastiek 2-liter bottel. Hy vat ’n sluk, spoel sy mond en spuug dit uit voordat hy weer sluk om sy knaende hongerpyn te probeer stil. Dan gooi hy nog ’n bietjie op sy linkerhand, was sy vuil maar bruin gesig, en vee sy nat hand oor sy baard en hare wat vaalgrys vertoon. Sy buurman se plastiekkombers roer en gee hom ’n skewe, geelbruin, haasbek-glimlag, asof hy nou wakker word in sy vyfsterkamer. Hy lyk op die oog af so sorgeloos. “MĆ“re, Martin,” groet hy. Hy vlieg op, hardloop om die pilaar om leeg te maak. “Man, se knypers is mos nie meer so goed nie.” Martin is elke dag verwonderd oor die positiwiteit van hierdie oud-Upingtonner. Eintlik is hy van Kanon Eiland, maar niemand hier rond weet waar dit is nie. So hy is van Upington – uit en geda...