#Stukkendeharte S2 Hfst 33 - Rooi Mier
"Jou man sterk mooi aan mevrou."
"Sê weer verpleegster?"
"Ek sê hy is stabiel na die operasie. Jy weet seker die operasie was suksesvol."
"Praat jy van my man Lawrence van Wyk? Watter operasie?
"Hy was gistermiddag gewond. Iemand het op hom geskiet."
"En hoekom hoor ek nou eers daarvan? Is dit ernstig?"
"Het niemand u ingelig nie? Skouerwond. Die patroon is reeds verwyder en hy is stabiel mevrou."
"Ek wil hom nou dadelik gaan sien. Bring 'n rystoel asseblief. Ek kan nie glo dat niemand my ingelig het nie."
Janice is bekommerd en teleurgesteld.
"Lawrence se ouers of my eie ouers kon my mos laat weet het. Die feit dat hulle teleurgesteld is oor ons troue kan tog nie hulle harte so verhard het nie.
Wat van die verpleegpersoneel hier? Hulle kon mos maar vir my laat weet het toe hulle uitvind hy is getroud."
Dit is asof die verpleegster haar gedagtes lees.
"Ek was daar toe hy opgeneem was. Op die vraag wie ingelig moet word het iemand gesê sy familie weet. Hulle is in die wagkamer."
Die verpleegster stoot haar na die kamer waar Lawrence is.
Hulle gaan verby 'n dame in die gang.
"Ek het nou wel gesê dat ek van die hospitaal moet wegbly maar ek wou net self kom uitvind hoe dit met die meisie gaan wat ek geskiet het.
Sy mag nie teen my getuig nie want sy het gesien hoe ek Rachel skiet.
Waar is Janice dan nou oppad heen? Dit is snaaks dat Larry haar nooit meer kom besoek nie.
Om die een of ander rede het ek nog altyd 'n sagte plekkie vir haar gehad. Ek het selfs op 'n stadium gedink sy kan dalk my dogter wees maar die feit dat Jenny haar nooit kom kuier het nie wys daarop dat ek verkeerd was."
Janice en die verpleegster gesels met 'n polisieman by die deur van 'n kamer. Max, alias Sandra May, wonder hoekom Janice iemand besoek wat onder polisiebewaking is.
"Kan dit die vrou wees wat ek geskiet het?"
"Mevrou, ek kan net een besoeker op 'n slag toelaat. Daar is reeds 'n besoeker daar binne."
"Ek is sy vrou. Kan ek dan net sien wie daar binne sit."
Die polisieman open die deur op 'n skrefie. Sahara sit met haar rug na die deur. Janice was net van plan om weg te beweeg toe sy due volgende hoor.
"Ai Lawrence, noudat ons weet ons is nie broer en suster nie is jy getroud. Sal ons dan nooit bymekaar kan uitkom nie?"
Janice trek haar asem skerp in maar dit blyk of Sahara dit nie gehoor het nie.
"Hoe is dit moontlik? Hulle lyk dan soos broer en suster. Wanneer het hulle dit uitgevind?"
Dit lyk of Lawrence slaap maar daar is so 'n tevrede uitdrukking op sy gesig.
Janice sê hardop,
"Verpleegster, neem my terug na my kamer toe."
Sahara kyk om en sien Janice in die deur. Daar kom 'n uitdrukking van skok op haar gesig.
"Janice!"
"Verpleegster, neem my weg asseblief."
Die verpleegster trek die stoel terug, draai dit om en begin stoot.
"Janice! , Janice!"
Die verpleegster stop nie.
"Ag tog. Sy het my sekerlik gehoor. Hoe kan jy so onverantwoordelik wees Sahara.
Ek moet maar in die toekoms wegbly van Lawrence af."
Sandra hou die petalje van 'n afstand af dop. 'Sy' kan nie 'n woord hoor waar 'sy' staan nie.
'Sy' sien hoe die verpleegster skielik vir Janice begin uitstoot.
Daar kom 'n ander vrou uit. Sy roep duidelik agter Janice aan.
"Dit is dan die meisie wat ek gister geskiet het. Sy loop effens mank soos iemand met 'n seer been maar andersins lyk sy gesond.
Is ek dan nou deesdae so 'n vrot skut? Die tronk het my verroes gemaak. Op die plaas in George kon ek gereeld teikenskiet maar daar is net nie meer tyd nie.
Nou wie pas die polisieman op?"
Die verpleegster is nou regoor 'Sandra' met Janice.
"Hoekom het mevrou dan nie ingegaan nie? Ons kon jou man wakker gemaak het. Hy sou sekerlik bly gewees het om jou te sien."
Janice antwoord nie.
"Haar man? Wanneer het sy en Larry dan getrou en hoekom is hy dan in die hospitaal onder polisiebewaking?
Dit is tyd dat ek my informante by Upington polisiestasie hersien.
As dit Larry is wat daar binne lê wil ek weet wat maak hy hier en wanneer het hulle getrou?"
Nadat Sahara verby 'haar' gestap het, beweeg 'Sandra' na die hoofingang toe. 'n Man en vrou stap verby hom. Die man lyk bekend.
"Waar het ek hom gesien?"
'Sy' gaan klim in 'haar' motor.
"Dit is tyd dat ek Jenny konfronteer."
"Max, jy het agterlosig geraak. Nou hoef ek jou nie meer te agtervolg nie. My opspoortoestel gaan my wys waar hy is. Ek hoop net hy gaan dié voertuig 'n paar dae hou. Hy weet nie dat ek alreeds sy diamantsmokkelary heeltemaal oorgeneem het nie. Die manne wil nie langer met 'n vlugteling geassosieer word nie. Dit is te gevaarlik. Die volgende is sy dwelmnetwerk. Ek moet net eers vasstel met wie hy almal in verbinding is."
Hy lag.
"Max is nou 'n vrou."
Skielik frons hy.
"Is dit Sahara wat daar hinkepink loop? Dit is waarlik sy. Wat soek sy hier? Sy moet my nie sien nie want sy sal my sekerlik herken."
Jenny hoor 'n klop by die deur. Sy sien 'n onbekende dame deur die loergaatjie.
"Die vrou lyk onskadelik."
Sy maak die deur oop.
"Kan ek help?"
"Ja jy kan."
Jenny skrik. Dit is dan nou 'n mansstem.
Van waar Shane geparkeer is sien hy die vrou wat uitklim en aan die deur gaan klop.
"Jenny is alleen tuis. Sy het die deur oopgemaak so sy ken die dame."
Max haal sy pruik af. Hy druk die deur verder oop.
"Goeie middag Jenny. Ek het gister gesien jy onthou my nog. Jou Max is terug na 29 jaar. Ons dogter is mos al 28?"
'n Splinternuwe Mercedes trek 'n entjie verder op.
"Ek wonder wie woon hier?"
Nog 'n motor trek op maar dié keer in die oprit. Sahara klim uit en sluit haar motor deur afstandbeheer.
Shane slaak 'n sug van verligting.
"Nou is Jenny ten minste nie meer alleen nie."
Die bestuurder van die Mercedes kyk in ongeloof.
"Alweer Sahara."
#RooiMier
©Rooi Mier 17.01.2023