#Stukkendeharte S2 Hfst 67 - Rooi Mier
“My kind! My kind is weg!”
Hy storm weer by die deur uit.
Die motor met die twee insittendes is ook weg. Hy storm weer in.
“Bel die polisie!! Nou dadelik.”
“Probeer kalmeer meneer. Jy maak die dogtertjie bang.”
“My kind is ontvoer en jy sê ek moet kalmeer!”, skree-vra hy.
Sy wys met haar oë na Lanecia.
Lawrence kyk af na haar en besef dat hy haar hand stewig vashou. Hy het nog die hele tyd. Haar oë wys hoe verskrik sy is en aan die uitdrukking op haar gesig kan hy sien sy kry seer.
“Jammer my kind. Pappie het nie bedoel nie. Ek is net bekommerd oor Renzo.”
Hy tel haar op en druk haar styf vas.
“Die voertuig met die twee mans wat hier buite gestaan het. Weet jy miskien wie dit was? Het jy hul besonderhede? Hulle kon dalk my kind ontvoer het.”
Hy staan nou teen die toonbank en sit vir Lanecia daarop neer.
“Ja. Ek bel hulle gou. Hulle was gaste hier en het uitgeboek.”
Die vrou bel die nommer wat sy op die rekenaar gekry het.
“Hulle antwoord nie.”
“Bel noú die polisie!”
“Goeie middag Richard, hoe gaan dit my sweety?”
Alhoewel Lawrence nie die persoon aan die anderkant hoor nie is dit duidelik dat hy if sy soentjies blaas want die ontvangsdame tuit haar lippe en maak ‘n ‘hmwah’ geluid.
Lawrence ontstel hom onmiddelik. Hy leen oor en gryp die telefoon.
“Wie jy ook al is, beter vinnig professioneel optree. My kind is weg en julle vry op die foon.”
Hy gluur die ontvangsdame woedend aan. Hy druk die telefoon weer in haar hand.
“Doen jou werk!”
Arme Lanecia gryp haar pa vas, sy het hom nog nooit so gesien nie.
Lawrence voel haar liggaam bewe waar sy op die toonbank sit.
“Toe maar Prinsessie, ek gaan kalm word”, sy stem bewe nog van woede.
“Is jy seker? So jy sê dat die kind nog nie 24 uur weg is nie? Kan julle dan nie ‘n uitsondering maak nie?”
Die ontvangsdame kyk Lawrence reguit in die oë terwyl sy op die telefoon praat.
“24 Uur? Kan jy asseblief my dogtertjie buite toe neem nou! Ek wil met hom praat.”
Lawrence se stem klink streng en bevelend. Die dame is skrikkerig. Sy gee die telefoon vir hom, tel Lanecia van die toonbank af en lei haar aan die hand uit.
Shane kom die woonstel ingestap. In sy hand het hy ‘n enkele rooi roos. Hy stap tot by Rencia, omhels haar en gee haar ‘n hartstogtelike soen.
Rencia is gewoond daaraan dat Shane haar soen maar hierdie is anders.
“En nou?”
Shane gee die roos vir haar en gaan dadelik op sy een knie kniel.
“Rencia, ek wil jou graag my vrou maak. Sal jy met my trou?”
Hy haal ‘n dosie uit sy baadjiesak en maak dit oop. Daar is ‘n pragtige verloofring in.
“Shane!”
Hy val haar in die rede, “Jy weet ek is nie ‘n man van hoekies en draadjies nie. Ek is lief vir jou en jy sê jy is lief vir my; so hoekom nie?”
“Shane!”, terwyl sy hom aan die arm op trek.
“Ek is lief vir jou ja, daar is geen twyfel daaroor nie.”
“Maar?” Vra Shane onseker.
“Maar jy weet ook ek hou van my werk. Gaan dit beteken ek moet my werk opgee? Ons het nog nie daaroor gepraat nie.
Wil jy kinders hê? Ons moet eers ‘n paar dinge deurtrap voordat ons dié groot stap neem.
Ek weet nie eers of ek troumateriaal is nie.”
“Maar Rencia! Daar is nie tyd nie. Môre vertrek ek met Mnr M Kaap toe.”
“So jy dink dat my bekommernisse nie geldig is nie?
Hoekom kan ons nie net nog ‘n rukkie wag nie? Jy is besig met Mnr M se saak. Ek sal ook een of andertyd in die hof moet gaan getuig want ek het jou die laaste ruk daarmee gehelp.
Dan moet ek nog hoor of ek hier gaan aanbly of wat gaan met my gebeur. Jy gaan terug Kaap toe verseker.”
“Rencia, dit is juis die punt. As ons verloof is kan ons jou dalk ook Kaap toe verplaas kry.”
“Nee Shane. Daar is nog so baie waaroor ons moet gesels. Ek het ook nog nie jou kinders ontmoet nie. Gaan hulle my aanvaar?”
“Rencia, soek jy na verskonings om nie met my te trou nie?”
“Ons is nog nie gereed nie.”
Shane vervies hom duidelik enstap driftig kamer toe.
Rencia kyk hom agterna en vra, “Gaan jy kom eet?”
Sy kry nie ‘n antwoord nie.
Rencia gaan dek maar die tafel. Gewoonlik sal hulle stort, dan iets vinnig voorberei of opwarm maar sy was nie werk toe nie.
Sy hoor na ‘n rukkie die stort loop. Twintig minute na die stort afgedraai is, is hy nog steeds nie daar nie.
Sy gaan kyk in die kamer en vind hom in die bed. Dit is duidelik dat hy nie wil praat nie.
“Het jy nou die stil stuipe? Ons is mos volwassenes, kom ons praat.”
Hy antwoord nog steeds nie. Rencia gaan eet maar alleen want sy is redelik honger.
“As hy so optree wil ek beslis nie met hom trou nie. So wat hy sê is wet.”
Na ete lê sy op ‘n rusbank en kyk na die nuus. Die nuus omtrent Mnr M se oorplasing het uitgelek. Nou weet die he LL e land. Dit gaan ekstra druk op die sekuriteit rondom sy oorplasing plaas.
Lawrence bulder in die die telefoon.
“24 Uur? Regtig Offisier. 24 Uur? Waar was jy toe daar aangekondig was dat wanneer ‘n kind wegraak gaan daar onmiddelik tot aksie oorgegaan word? Die 24 Uur reël is net van toepassing op volwassenes. Kan ek met jou hoof praat?”
Daar is ‘n paar oomblikke se stilte aan die anderkant.
Lawrence wonder of die oproep afgesny is. Die persoon het het weer begin praat want Lawrence gee nou Lorenzo se besonderhede.
“Renzo! Renzo!”, Lanecia se stem klink op daar buite.
“Waar was jy? Pappie soek jou. Hy is baie kwaad.”
“Ek was hier agter by ‘n maatjie. Waar is Pappie dan?”
Lawrence gooi onmiddelik die telefoon neer en storm uit. Verligting spoel oor hom, soveel so dat hy op die bankie buite neersak.
Lorenzo kom rustig aangestap asof niks in die wêreld hom pla nie. ‘n Seuntjie staan en waai vir hom. Hy draai om en waai terug.
#RooiMier
©Rooi Mier 17.01.2023
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking