Donderdag 22 Februarie 2024

#Stukkendeharte S2 Hfst 32 - Rooi Mier

#Stukkendeharte S2 Hfst 32 - Rooi Mier

"Julle twee beter sorg dat julle onmiddelik hier wegkom. As iemand julle hier sien is ek my loopbaan kwyt. Gelukkig is hier geen getuies nie maar glo my, die polisie is oppad."
"Maar speurder, ons het gesien hy het eerste op jou geskiet."
"Reg so maar hoe verduidelik ek die vuurwapens in julle hande en ek arresteer nie vir julle nie. Julle maak nou eintlik van my 'n korrupte polisieman. Weg is julle. Vinnig nou."
Martin en Larry se voertuie is net 'n entjie weg toe Shane die sirene hoor.
Bennie, Iris en Jenny loop op en af in die hospitaalgange. Die noodoperasie is nou eers 'n halfuur aan die gang. Die het dokter het belowe dit gaan nie 'n lang en moeilike operasie wees nie. Dit is net nodig om die patroon so gou as moontlik te verwyder. Soos met enige operasie bly 'n mens maar bekommerd.

"Ek wonder hoe dit met die meisie gaan wat ek gisteraand geskiet het. Dit is jammer. Sy is so 'n pragtige mensie. Haar enigste sonde is dat sy daar was toe ek Rachel geskiet het.
Miskien sou ek myself ook nog nie oor haar bekommer het nie, totdat ek gesien het sy hang uit met die speurder. So streng gesproke is dit eintlik haar eie skuld dat sy geskiet is.
Ek is nogals bekommerd oor myself. Van wanneer af het ek dan so 'n slegte skut geword? Die kind lewe dan nog.
Ek sal haar in die hospitaal laat afmaai. Dit is 'n jammerte, want ek hou daarvan om iets wat ek begin het self af te handel.
Die hospitaal is taboe vir my want Shane sal op die uitkyk wees vir my.
Hy dink nou reeds dat hy my een voor is omdat hy een van my manne geskiet het."
Max grinnik.
"Waar die duiwel het ek in elk geval so 'n onnoselle amateur gekry? Dit is ook maar goed dat hy vrek is. Met my ander manne betaal of skenk ek gewoonlik die begrafniskoste maar hy verdien nie 'n sent nie.
Nou moet ek vir Jenny in die hande kry. Sy moet my sê wie my dogter is. Dit neem my darem lank om deesdae inligting te verkry. Is ek besig om sag te raak? Nie langer as môre nie Jenny."
Hy onthou nog goed die aand dat hy 'n kind verwek het by Jenny. Hulle was Kovsies, studente by Vrystaatse Universiteit. 
"Sy het 'n suster met die naam Maria gehad. Ek wou eintlik vir Maria gehad het maar sy het die aand verdwyn. Daardie aand het ek die dwelms verskaf. Die manne was omtrent almal hoog.
Na die bakleiery was sy net weg en ek moes maar vir Jenny gaan. Ek het eers later uitgevind dat Maria haar suster is.
Die volgende oggend het hy maar verneem dat Maria die aand met daai vaal Bennie van Wyk gespandeer het. Gelukkig vir hom moes ek skielik die universiteit verlaat anders het ek hom goed laat pak kry."

Steven en Mavis sit en luister die nuus.
"Daar was vanaand 'n skietvoorval by Bennie van Wyk se woning waar iemand gewond was. Dit is nog nie bekend wie die gewonde is nie en hoe ernstig dit was nie.
Daar is egter bespiegelinge dat die persoon wie geskiet het niemand anders as die berigte Meneer M was nie. Sodra ons meer inligting het sal ons dit deurgee. Ons verslaggewer is op die oomblik by die polisie woordvoerder om meer inligting te probeer bekom.
In nog 'n voorval is 'n man by die begraafplaas doodgeskiet deur 'n polisieman. Huidiglik weet ons nie of die twee voorvalle verband hou nie. Daar is ook nog geen amptelike informasie rondom die laaste voorval bekend gemaak nie."
"Sjoe Steven, dit lyk my Upington kan nogals rof raak. Sal ek my permanent hier kan tuismaak?"
"Dit gaan maar so in al die groter dorpe en stede. Geweld neem oral toe. 
Wag 'n bietjie, Bennie van Wyk; is dit dan nie waarheen Jenny vanmiddag was nie?"
Mavis vlieg op om haar selfoon in die kamer te gaan kry. 
"Ek bel haar sommer onmiddelik."
"Gebruik sommer my foon skat. Haar nommer is daarop gestoor."
"Antwoord nou Jenny. Ek moet weet of jy veilig is."
Sy skakel die nommer drie keer sonder sukses.
"Nou is ek regtig bekommerd. Jy het seker nie Sahara se nommer nie. Laat ek my foon gaan haal."
Dieselfde ding gebeur; Sahara antwoord ook nie.
"Al wat ons nou kan doen is dat ons na Bennie se huis moet ry. Iemand daar sal ons darem seker kan inlig. Kom Mavis."

"Aaah! Waar was ek dan met al die aksie vanmiddag? Hoe kon ek dit alles mis? Na al die jare se wegkruip mis ek dit. 
Hoeveel jare het ek nog al 'n kluisenaarsbestaan gevoer? Hoeveel jare kon ek nie my miljoenêrsstatus uitleef omdat ek te bang was vir Max?
Willem het ook gesterf met miljoene in die bank. Niemand, selfs nie sy eie familie daar in Carnavon het geweet hy is eintlik 'n miljoenêr nie want hy moes lewe soos 'n kerkmuis.
Net Max kon sy geld geniet, want ek en Willem was te bang vir die vark; bang dat ons uitgevang kan word en Max ons van die gras af sou maak voordat ons dalk hom kon 'impliseer' (soos jy dit gestel het so asof hy nie deel was van die diamante smokkelary nie.)
Die man trek sy asem diep in om weereens die leer en die nuutheid van sy spogmotor te ruik.  
Hy sit in sy motor en kyk vir Max wat niksvermoedend uit sy motor klim. Hy haal sy vuurwapen uit, lê aan en maak 'n klapgeluid met sy tong terwyl die wapen kastig ruk soos wanneer jy skiet.
"So maklik gaan jy nie vrek nie hond. Jy sal weet as ek jou skiet.My naam sal jou laaste woord wees."
Max stap die B&B in. Hy weet van sout en water nie dat sy lewe beëindig kon gewees het nie.

Steven en Mavis stop voor Bennie se huis. Dit is nou al skemer en die hek staan oop. Daar is bloed net binne die hek. 
"Steven, wie se bloed is dit dié? Dit moet hier wees dat die persoon geskiet was."
"Ons sal nie weet nie Mavis. Kyk, die deure staan oop en dit lyk donker binne. Dit lyk nie of hier iemand is nie. Bel maar weer vir Jenny."
Mavis bel vir Jenny. Hulle hoor haar foon lui iewers daar buite. Dit kom van haar motor af wat buite staan. Steven sien die liggie op die grond buite die motor aangaan. 
"Nou is ek baie bekommerd Steven. Hoekom sal haar foon daar lê en sy is nie hier nie."
"Bel dan maar vir Sahara, miskien antwoord sy nou."
Mavis skakel vir Sahara. Haar foon lui. Hierdie keer hoor hulle die foon langs die huis lui. Mavis stap om die huis na die onthaalarea toe. Daar sit iemand op 'n stoel en wieg met 'n foon wat lui in die hand.
"Hoekom sit jy dan hier? Waar is my suster."
"Hulle het hom geskiet."
"Vir wie het hulle geskiet?"
Steven stap nader.
"Vir Lawrence, die man wat ek lief het."
Sahara hou aan wieg.
"Dit is my skuld. As ek nie geval het nie was hy nie nou geskiet nie."
#RooiMier 
©Rooi Mier 17.01.2023

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Plekke in #Stukkendeharte -Upington

Plekke in #Stukkendeharte -Upington Gordonia Hospitaal Dr Harry Surtie Hospitaal Upington Medi -Clinic ...