#Stukkendeharte S1 Hoofstuk 3 - Rooi Mier
Sahara is nie haarself die volgende dag by die skool nie. Sy klink onsamehangend en onvoorbereid. As iemand 'n vraag wil vra sê sy net, "Nie nou nie." Sy het haar eie klas, 12A vir Wiskunde die laaste periode.
Hulle het haar nog nooit so gesien nie.
Lawrence is bekommerd en probeer om haar met sy Mev van Wyk grappie op te beur.
"Moenie familiër raak nie kind. Bepaal jou by jou ouderdom. Ek speel nie met kinders nie," snou sy hom toe.
Daar heers 'n doodse stilte. Sy het nog nooit so opgetree nie. Lawrence voel of hy in die aarde kan wegsak. Anton kyk na hom met 'n vraagteken op sy gesig.
Anton voel by moet ten minste sy vriend verdedig, "Juffrou is maar net vier of vyf jaar ouer as hy."
"Wil my dit verder vat in die hoof se kantoor of gaan my jou mond hou."
Toe die klok lui gryp Sahara net haar sak en storm uit.
Gewoonlik is omtrent almal teen die tyd by die deur uit, maar vandag bly almal verstom sit. Dan begin dit skielik te gons want hulle ken nie hul geliefde juffrou so nie. Vir so 'n jong onderwyseres het hulle hope respek vir haar.
Anton stap na Lawrence toe, vat aan sy skouer en fluister, "Het jy haar vertel?"
"Nee!"
Dit is 'n baie kortaf antwoord. Lawrence gryp sy sak en stap vinnig uit.
Gewoonlik moet die onderwysers nog 'n tydjie aanbly voor hulle huistoe gaan. Sahara is egter ìn haar motor oppad uit. Sy blaas ongeduldig vir 'n ouer wat 'n leerder sommer in die hek oplaai.
Lawrence stap verby. Gewoonlik stap hy saam met Anton maar sy pa kom hom vandag optel. Hy moet 'n nuwe skootrekenaar kry. Hulle gaan sommer direk hiervandaan winkel toe.
"Middag oom Bennie", groet Anton in die verby gaan.
" Middag Anton." Bennie van Wyk skakel die motor aan en sê, "Middag seun. Wie is daai ongeskikte onderwyseres?"
"Middag pa. Sy is nie 'n ongeskikte onderwyseres nie. Dit is my Wiskunde onderwyseres."
Lawrence klink driftig. Sy pa kyk hom aan. Iets is fout met my kind. Hy bly egter stil. "Ek sal maar later vra" dink hy.
Hy skakel die lugversorging aan want dit is nogal warm. Upinton is mos meestal baie warm. In Schroeder Straat parkeer hy en hulle stap verder op soek na 'n eetplek voor hulle verder gaan.
Tuis stap Sahara reguit na haar kamer. Jenny wil nog vra of sy iets wil hê maar sy maak haar kamerdeur toe. Sy kom nie weer uit nie.
Die volgende paar weke gaan dit nie beter by die skool nie. Dit is amper Junie vakansie maar die matrikulante gaan nie met vakansie nie so hulle maak nie planne nie. Winterskool wag vir hulle. Hulle gee ook nie juis om nie want dit is hul laaste paar maande met die meeste van hul vriende. Na dit gaan hulle verskillende rigtings in. Die oorgrote meerderheid sal seker in Kaapstad of Johannesburg opeindig, hetsy vir studies of werk. Kimberley en Bloemfontein is ook genoemde bestemmings met 'n Gqeberha hier en 'n Durban daar.
Twee weke voor die skole sluit vir Junie vakansie tref 'n slag hulle. Sahara het bedank. Die dag as die skole sluit is dit haar laaste dag. Die leerders is geskok. Dit is skielik. Sy is op haar jong ouderdom 'n baie goeie onderwyseres en die beste Wiskunde onderwyser op die skool.
Lawrence en Anton sit by die omheining en bespreek dit.
"Wat nou L. Gaan jy haar vertel voor sy weggaan?"
"Ek kan nie Buds. Vandat haar ma afgesterf het, het sy baie verander. Ek sal haar maar gaan opsoek by haar huis."
"Oeeeeh, ek weet nie so mooi nie L"
"Ek moet net Anton. Sy is my toekoms."
Die vakansie breek aan. Die matrikulante is die enigste leerders wat klasse bywoon. Dit is gewoonlik so van 09:00 tot 11:00.
Lawrence besluit die tweede Maandag van die vakansie dat hy nie langer gaan uitstel nie. Hy gaan na klas by haar 'n draai gaan maak. "Hoe gaan sy weet hoe hy voel as hy haar nie gaan vertel nie?"
Hy weet min of meer waar en besluit om nie vir Anton te sê nie. Na klas glip hy vinnig weg toe Anton eers by die kleedkamer ingaan.
In Bellvue vra hy bietjie rond. Hy kry die huis en stap by die hek in.
"Wat soek jy?" Sandra vra oor die heining.
" Woon Juffrou Muller hier mevrou?"
"Ek is en was nog nooit 'n mevrou nie. Hoekom vra jy?"
Lawrence dink, "Dit is 'n bemoeisieke antie die."
Hardop sê hy, " Ek het 'n boodskap vir haar van die skool af."
"Sy is in die Kaap. Seker haar pa gaan soek. Gee maar die boodskap vir my. Ek sal sorg dat sy dit kry."
"Ek kan nie mevrou, jammer mejuffrou. Dit is privaat. Weet u wanneer sy gaan terugkom?"
"Miskien oor 'n maand, miskien nooit. Sy gaan die huis verkoop. Gee maar die boodskap."
"Nee mejuffrou." Lawrence stap vinnig hek toe. Hier moet hy wegkom.
"Onbeskofte kind!", kastig nie vir sy ore bedoel nie maar Sandra praat hard genoeg vir hom om te hoor.
Sahara staan en uitkyk oor die see uit die woonstel wat sy huur in Seepunt.
"Hoe kon my ouers so 'n groot geheim van my weggehou het?"
Die trane vloei opnuut teen haar wange af.
"Ek is gebreek. Stukkend."
Sy is onversorgd. Sy gee nie om nie. Haar hare is geborsel maar net vinnig. Dit was ook maar net omdat sy melk moes gaan koop.
©Rooi Mier 13.07.2022
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking